results

6
Oct

Eerste Hokgroeperings Nasionale kampioen

Baie bevoorreg om deel te kon wees van hierdie briljante inisiatief! Dankie aan ODRA en oom Koot!

6
Oct

Laaste Naweek vir 2016 - Nog 'n Yster Broer Join die Wen Klub

Nog 'n broer van Yster join hierdie naweek die wenklub... Ek wil amper se dis nie of hulle gaan wen nie, dit is net wanneer! LOL

Hy en sy vol boeties /sussies is nou op klub vlak verantwoordelik in 3 seisoene se tyd vir 13 wenne (7 verskillende wenners), 110 klub posisies waarvan 79 Top 10 is, waarvan 43 Top 5 is waarvan 29 Top 3 is. Hulle het ook 38 posises op Fed/Unie vlak gevlieg. Baie dankbaar om hulle in my hok te he!

 

Volledige uitslae:

 

6
Oct

Voorlaaste naweek vir 2016

Yster begin homself nou ook as teelduif bewys. Sy dogter kon hierdie naweek net sowel gewen het: Sy het saam met die wenduif by die hok gekom, maar eers 3e oor die trap geloop en die drie vat 1,2,3 in klub en 13,14,15 in Fed. Ook 2 weke terug was sy 3e in die klub en ook net gewen deur hokmaats.Die beste van alles is, sy gaan eers volgende jaar as Jaaroud deelneem, so hou maar duim vas dat sy volgende jaar haar wen sal kry.

 

Volledige uitslae:

 

21
Sep

Duiwe wen 4 van die 5 vlugte en 3e op die ander een.

Die duiwe het weer baie goeie naweek beleef en wen 4 van die 5 vlugte met 3e op die ander vlug op klub vlak. Ook 'n totaal van 22 Federasie/Unie plekke in die OERF en GPU. Baie tevrede!

 

Volledige uitslae:

 

13
Sep

Carelsens Blink uit!

Die Carelsens het maar net weer hierdie naweek gewys dat al raak dit lank en hard mens steeds op hulle kan staatmaak.

2015-ZA-76710 vlieg 2 naweke terug 'n 2e klub op 737km, 1167mpm en kry hierdie naweek sy klub wen op 791km, 1097mpm. Albei ouers is deur oorlede oom Andre Carelsen gebroei.

Ook sy vol broer 2015-ZA OERF-00989 is reeds 'n wenner en vlieg voor hierdie naweek  6 wedvlugte in 'n ry afstande tussen 516km en 737km (waarvan 4 620km of verder is) met spoed tussen 1118mpm en 1628mpm en hy het nie teleur gestel nie: 

1
Sep

2013-ZA NWPF/K-4952 nou dubbel wenner op afstande bo 700km

2013-ZA NWPF/K-4952 nou dubbel wenner op afstande bo 700km en spoed onder 1200mpm. Hierdie naweek ook 2e in OERF Fed 915 duiwe.

Oor die algemeend het die Carelsens ook soos gewoonlik baie goed gedoen op die lang harde vlug.

 

Volledige results:

 

22
Aug

Nog n 3x wenner

2014-ZA GPU-13846 is ook nou 'n 3 x wenner deur die klub OPE te wen op OERF kant hierdie naweek. Haar 2de wen vir die seisoen en 3e een in haar loopbaan.

15
Aug

JOK duiwe vat 1ste 9 plekke in klub!

Ek dink na laas naweek se goeie ouduif perfrormance het die jongduiwe spanpraatjie gehou en besluit so kan dit ook nie werk nie en toe met hul eie uitstekende performance gekom hierdie naweek deur die 1ste 9 plekke in die klub los te vlieg. Al 9 kry ook plek in die top 100 in OERF fed met die swakste een 81ste! Die OPEs het darem steeds nie teleurgestel nie met 4 van die eerste 5 plekke in die klub en 5 plekke in top 50 in OERF fed. Kan maar weereens net terugstaan in verwondering en dankbaarheid om deel te wees van wat hierdie duifies doen!

 

Volledige results:

 

8
Aug

Goeie naweek in Klub op OPE - Duifies vat die 1ste 8 Plekke

Die OPE duiwe het 'n lekker naweek in die klub OERF kant gehad en vat die 1ste 8 plekke! Al 8 kry ook plek in top 100 in fed. Kon nie vir meer gevra het nie! Wat 'n voorreg om te kan aanskou hoe hierdie duifies hulle ding doen!

 

2
Aug

2014-ZA GPU-13850 hou haar goeie vorm

2014-ZA GPU-13850 het haar goeie vorm behou deur die klub weer te wen hierdie naweek en 3e plek in die OERF fed te kry. Sy race sover hierdie jaar al 9 wedvlugte en haar swakste posisie was 12e, met die res almal onder die top 3 nl. 1 x 3, 5 x 2e en 2 x wenne.Voorwaar 'n top prestasie.

 

Volledige uitslae vir die naweek:

Pages

Subscribe to RSS - results