8
Aug

Goeie naweek in Klub op OPE - Duifies vat die 1ste 8 Plekke

Die OPE duiwe het 'n lekker naweek in die klub OERF kant gehad en vat die 1ste 8 plekke! Al 8 kry ook plek in top 100 in fed. Kon nie vir meer gevra het nie! Wat 'n voorreg om te kan aanskou hoe hierdie duifies hulle ding doen!

 

2
Aug

2014-ZA GPU-13850 hou haar goeie vorm

2014-ZA GPU-13850 het haar goeie vorm behou deur die klub weer te wen hierdie naweek en 3e plek in die OERF fed te kry. Sy race sover hierdie jaar al 9 wedvlugte en haar swakste posisie was 12e, met die res almal onder die top 3 nl. 1 x 3, 5 x 2e en 2 x wenne.Voorwaar 'n top prestasie.

 

Volledige uitslae vir die naweek:

24
Jul

Laaste 2 weke se results

Ons het bietjie laat gewag vir die official results van laas naweek, so hier is sommer altwee weke sin. Yster het my groot laat skrik en het eers Sondag by die huis gekom (vir hom is dit UITERS ongewoon) en ek het besluit dit is maar nou tyd vir hom om vroeg af te tree. Hy het niks meer om te bewys nie. Nog een van sy vol susters wen hierdie naweek en wen sommer die OERF Fed Yearling National ook. Sy vlieg sover hierdie jaar:1,2,3,3,5,11 Klub en 1,11,25,49 op Organisasie vlak so ek dink daar is genoeg familie om sy skoene in die vlieghok vol te staan.

11
Jul

Yster nou 7 x Klub Wenner!!!

Yster was al weer bobaas hierdie naweek vanaf Dewetsdorp in die OERF. Hy wen die OERF Federasie met 2min Wat hom nou 'n dubbel wenner maak op Organisasie vlak. (Vroeer die jaar ook ODRA gewen vanaf Winburg.) Dit is dan ook sy 7e klub wen. Sy loopbaan klub posisies dus nou: 1,1,1,1,1,1,1,2,2,3,3,4,4,5,6,6,6,7,7,10,10,11,12,14,16 en Organisasie posisies (OERF/GPU/ODRA): 1,1,16,18,20,30,40,44,50,52,53,80,86,97.

Hierdie nawwek alleen behaal Yster se familie die volgende posissies - Klub: 1,2,2,3,3,4,8,9,11 Organisasie: 1,5,30,37,38,49,52

Yster Self: 1e klub, 1e OERF Fed

4
Jul

Darem weer 2 x Wenne hierdie naweek vanaf Bloemfontein

Hierdie naweek darem weer 2 wenne gekry. 2014-ZA GPU-13846 nou dubbel klub wenner en hierdie naweek 3e Fed tussen 1182 duiwe. Haar loopbaan posises in klub nou: 1,1,2,2,3,4,4,6,7,8,12 in 14 wedvlugte.

OERF en GPU het van Bloemfontein gevlieg en ODRA van Reddersburg.

ODRA JOK:

27
Jun

Eerste Wenlose naweek

Hierdie naweek is ons eerste wenlose naweek vir die seisoen. Was darem op 4 wedvlugte 2e, so is nog steeds tevrede en geen rede om paniekerig te raak nie. ODRA het van Bloemfontein gevlieg, GPU van Edenburg en OERF van De Wetsdorp. Die strategie op hierdie stadium is om die wat ek dink die beste vir die naweek is eerste aan OERF kant te sit, dan GPU, dan ODRA. Min of meer as hulle reg is om weer te race, die eerste 6-10 duiwe van OERF weer by OERF die volgende naweek, dan die balans word opgemaak deur die eerste 1-4 van GPU/ODRA/Sprint/Toss.

20
Jun

Bloemfontein - 09989 Nou 2x Wenner

Nou eers 3 weke in die wedvlugseisoen in en "Yster" se kleinboet 2015-ZA OERF-09989 is reeds 'n 2 x wenner. Wat ook interessant is, is dat laas naweek was 'n blow home en was sy spoed 1831.0257 mpm. Hierdie naweek was weer 'n tawwe een vanaf Bloemfonetein en was sy spoed maar 1165.9523 mpm. Dus volg hy sover mooi in ouboet se voetspore - Hoop hy hou so aan.

 

Resultate:

ODRA JOK:

13
Jun

Winburg 2

Spoed was baie hoog hierdie naweek en is eintlik verbaas en trots op die duifies dat hulle so goed gedoen het.

 

Posisies 

ODRA JOK:

  • Klub (ORG)
  • 14(35) Oom Andre Carelsen (Sierens/Oscar/Verbruggen
  • 19(49) Uit my pa se duiwe: Glashen BBar WF broer(Verbruggen/Maatjies) x Cheq Silver Toy/Van Hee Hen

GPU JOK:

7
Jun

2016-06-04

Hierdie naweek het Yster weer sy "Yster" (staal) gewys deur die ODRA race vanaf Winburg te wen. Hy bou dus maar net voort op sy reeds impressive rekord. Eintlik het baie van sy redelike naby familie goeie resultate behaal die naweek nl:

19
May

2006-ZA NWPF/D-2300 aka "300"

Putterie Hen van my Pa

Pages

Subscribe to Duiweboer RSS